Call now: 0861 465 879

Motorvoertuigongelukke Eise teen die Padongelukkefonds

Ingevolge huidige wetgewing word ‘n persentasie van alle petrol en diesel wat gekoop word, gebruik om die Padongelukkefonds (POF) (‘n de facto-versekeraar) te befonds ten einde slagoffers van padongelukke te vergoed vir beserings opgedoen, waar die betrokke ongeluk nie alleen veroorsaak is weens hul eie fout of nalatigheid nie.

Die skadevergoeding wat van die Padongelukkefonds geëis kan word, is slegs van toepassing waar liggaamlike beserings opgedoen is.

‘n Eis teen die POF sluit dus alle skade aan ‘n voertuig of ander materiële skade of verliese van die slagoffer uit, welke skade direk geëis moet word van die bestuurder wat die ongeluk veroorsaak het, of sy/haar versekeraar.

?
Kan ek ‘n eis maak?

Kontak DSC Prokureurs vir doelgerigte regsadvies en verteenwoordiging. Regsdienste word verskaf op ‘n geen-wen-geen-fooie basis.

Sien of u ‘n eis kan maak

 

    U privaatheid is vir ons belangrik. Deur hierdie vorm te gebruik, gee u ons toestemming om u persoonlike inligting te verwerk. Raadpleeg ons privaatheidsbeleid vir meer inligting.