Wie is DSC Prokureurs?
DSC Prokureurs glo daaraan om kliënte se reg en toegang tot geregtigheid te bevorder deur aan te bied om op ‘n “geen-wen-geen-betaling” basis te werk, wat beteken dat DSC Prokureurs dikwels die aansienlike uitgawes dra van die betrokke litigasie dienste wat verskaf word aan kliënte vanaf die aanvangs van ‘n aangeleentheid tot en met die saak opgelos is.
Die gekombineerde omvattende ondervinding van DSC Prokureurs in die spesialisveld van “persoonlike beseringsreg” beteken dat elke professioneel in die firma behoorlik toegerus is om aan kliënte die nodige en gepaste regsadvies te kan voorsien ten opsigte van enige skadevergoedingseise wat kliënte mag hê met verwysing na die nuutste wetgewing en ontwikkelings in die regte.
De Vries Shields Chiat Ingelyf (DSC Prokureurs) is ‘n regspraktyk in Kaapstad wat spesialiseer in “persoonlike beseringsreg”. DSC Prokureurs is gestig in Mei 2004 toe drie regspraktyke wat elk gespesialiseerd is in persoonlike beseringsreg besluit het om saam te smelt bestaande uit De Vries Ing. (Kaapstad), Henry Shields Chiat en Mostert & Bosman (Kaapstad Vennootskap).
DSC Prokureurs spesialiseer in die volgende regsdienste:
- mediese wanpraktyk
- motorvoertuigongelukke eise (POF)
- “Val en Gly” eise
- Metrospoor vir treinongeluk eise
- lugvaartongelukke eise
- honde byt eise
- produk aanspreeklikheid eise
- eise i.v.m. foutiewe hysers, hekke en deure
- polisie skietvoorvalle
- professionele wanpraktyk eise.
Met DSC Prokureurs se uitmuntende profiel en rekord kan kliënte gerus wees dat hulle waardevolle toegang sal verkry tot DSC Prokureurs se uitgebreide paneel van kundiges wat bestaan uit uiters ervare regsgeneeskundiges en ander spesialiste en advocate in hul veld.
Het ek ‘n persoonlike beseringseis?
Die lewe is kosbaar en ons almal wil glo dat padongelukke en persoonlike beserings iets is wat net met ander mense gebeur.
Die waarheid is egter dat jy of iemand na aan jou ter enige tyd permanent of noodlottig beseer kan word in ‘n ongeluk. Sou die ondenkbare gebeur, na wie gaan jy of jou bedroefde afhanklikes julle wend met só ‘n persoonlike beseringseis? DSC Prokureurs gee bekwame en doeltreffende regsverteenwoordiging, aangebied met sorg en meegevoel, wat jou sal bystaan in the moeilikste van tye.
DSC Prokureurs is ‘n gevestigde regspraktyk in Kaapstad wat spesialiseer in persoonlike beseringsreg met ‘n span ondernemende leiers op internasionale vlak. Hulle spesialiseer in die veld van persoonlike en/of noodlottige beserings litigasie.
DSC Prokureurs hanteer elke saak met die respek en waardigheid wat dit toekom.