Mediese wanpraktyk aangeleenthede is uiters gekompliseerd en is onderworpe aan regsbeginsels, reëls en werkswyse (wetsgesag) wat van ander velde van die reg verskil.
Indien jy glo dat jy ‘n slagoffer is van mediese wanpraktyk of nalatigheid, is dit uiters noodsaaklik dat jy ‘n prokureur raadpleeg met die nodige gespesialiseerde kennis van hierdie komplekse regsveld sodat jy die nodige inligting kan bekom om te kan bepaal of jy wel in die reg verkeer en hoe jy met die regsaangeleentheid moet voortgaan.
Mediese wanpraktyk word geklassifiseer as nalatige optrede of nalatige versuim om op te tree deur ‘n mediese professionele persoon wat gelei het tot persoonlike besering van ‘n pasiënt.
Dit is nie beperk tot mediese dokters nie, maar is ook van toepassing op verpleegsters/tandartse/ osteopate/gesondheidsorg-geriewe (probleme met medikasie, higiëne of behandeling) en gesondheidsorg-dienste, soos byvoorbeeld verpleeginrigtings asook kosmetiese diensverskaffers.
Nalatigheid kom voor wanneer ‘n medies gekwalifiseerde persoon se optrede nie die aanvaarde standaarde van praktyk nakom nie en dit skade vir ‘n pasiënt veroorsaak.
Kan ek ‘n eis maak?
Kontak DSC Prokureurs vir doelgerigte regsadvies en verteenwoordiging. Regsdienste word verskaf op ‘n geen-wen-geen-fooie basis.